Download your FREE digital Camp and Live Guide or Kamp en Leef Gids here!
close [X]

Covid-19 is op almal se lippe

Category: Resort News | Author: ATKV Head Office |  Date posted:  | Impressions: 18438   610

Covid-19 is op almal se lippe

Beste ATKV-lid

Maak nie saak met wie jy praat, wat jy lees of kyk nie, ’n term wat tot baie onlangs toe aan ons onbekend was, is nou op almal se lippe: Covid-19

By die ATKV besef ons die erns van die pandemie en tree ons as verantwoordelike landsburgers op. Die ATKV was genoodsaak om van ons projekte te kanselleer, maar terselfdertyd gryp die ATKV ook die geleentheid aan om kreatief te dink oor innoverende maniere om te verseker dat die ATKV dié voorkeurkultuurtuiste bly. Ons is hard aan die werk om te verseker dat sodra dinge weer na normaal toe terugkeer ons kan voortgaan met die aanbied van die projekte. ATKV-oorde kommunikeer ook deurgaans oor aanpassings en maatreëls op die onderskeie oorde.
Die ATKV het oor die afgelope 90 jaar gewys dat ons bereid is om alles in ons vermoë te doen om Afrikaans se voortbestaan te verseker en terselfdertyd brûe te bou tussen al die mense van Suid-Afrika. Twaalf mense se besluit in 1930 om ’n organisasie te stig waar hulle die lekkerte van Afrikaans-wees met ander kon deel, het ’n reuse rimpel-effek gehad op ons taal en ons land. Vir ons ATKV-takke lê daar soveel hoop opgesluit in die projekte wat deur takke aangepak word en die #weesdieverskil wat julle daagliks rondom julle sien uitspeel.
Baie dankie vir die verskil wat elkeen maak, dankie vir julle ondersteuning in dié uitdagende tyd waarin ons ons bevind.
By die ATKV sien ons daarna uit om vir nog baie jare aan te hou om ’n verskil te maak in die lewe van mense en gemeenskappe, en om nog baie meer Suid-Afrikaners te bereik deur ons werk.
Wees veilig.

ATKV-groete

Sonél Brits
Besturende direkteur: ATKV-MSW

ATKV Head Office

Latest News

Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za